Klink soos ‘n kaapse bende .. maar dit is net die aantal jare wat ek ‘n plek opneem op ons moederaarde.
Ek voel soos 17 .. jaar voor my matriek jaar. Drome groot. Vanoggend vat die terugblikke my na baie punte in my lewe. Van my jongmens drome is vergete, wat toe vir my belangrik was is nou nie eers tyd werd nie. Ek is gelukkig want van my drome is realiteite op my lewenspad. Dankbaar vir so baie wat ek gekry het. My pad is gekruis deur mense wat diep spore agtergelaat het. Ander wat so op die oppervlakte net verby gedraf het. Elkeen tog ‘n herinnering en ‘n gedagte. Al is ek 47 is my drome nie minder nie, anders en meer realisties. Ek is dankbaar dat ek nuwe drome kan hê. Ek moes glimlag.. op 17 het ek nie aan aftrede gedink nie.. nou begin dit ‘n realiteit word. Die bang van niks doen wat so in mens se agterkop kom kruip. Ons is nog jonk van gees, dalk nie in jare nie.. ons kinders nog jonk. My wens vir myself is dat ek nie vir aftrede wag nie maar nou voluit lewe. Dat ek my menswees en my tyd met my naby mense deel. Comments are closed.
|
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |