Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

12 weke is verby

7/5/2017

 
Picture
My twaalf weke van oefen is verby.  Dit het vinnig gekom en gegaan.  My doel was om gewig af te skud en my lewenstyl te verander na meer gesond.  Om lewenstyl te verander is harde werk.  Om een keer ‘n dag vir 6 dae te gaan oefen beproewend.

My gewig na die 12 weke is met net oor die 2 kilogram af.  My vet persentasie met 3.iets present af.  My klere grootte met ‘n nommer.  Nou vra ek myself .. was my 12 weke suksesvol?  As ek na die gewig kyk moet ek nee sê, as ek na my eetgewoontes kyk.. is dit ook nee.  Het ek 6 keer ‘n week gaan oefen.. nee .. maar wat is sukses? 

Voel ek beter, beslis, lyk ek beter, beslis.  Gaan ek aanhou… beslis maar ek het besluit dat ek nou 3 keer ‘n week sal gaan oefen.  Dat ek my bes gaan probeer om gesonder te eet… maar tog nog steeds als geniet.. ek wil nie my lewe lank vir almal vertel ek kan dit nie eet nie want dit is nie gesond nie.

Gisteraand het ek weer sealclaps gedoen.. ek het nogal baie te sê oor spring oor 40.. seker goed werk net nie meer so lekker nie.. mens moet maar seker maak mens se blaas is dolleeg.   Dink my broek is ook nou groter of my lyf so klein bietjie kleiner… want die stywe broek sit beslis nie meer so styf nie, nou hou dit nie meer die maagrolle in plek as ek op en af spring nie.. ek lyk soos ‘n oros vrou wat spring… drillend en bewend.
​
Die lewe is te erenstig.  Moenie jouself so erenstig opneem nie… leef voluit, lag vir jouself en probeer jou bes… as dit nie help nie.. wyn help… 

Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog