Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Wat maak ek, ek?

2/23/2017

 
Picture
Ek is nou al 23 jaar ‘n van Niekerk.   Dit is nou so, ek is langer ‘n van Niekerk as wat ek my nooiensvan was.   Ek weet ek is geseën  dat ek op ‘n jong ouderdom ‘n ongelooflike sielsmaat gekry het.  Met al my foute aanvaar hy my soos ek is.  Hy is lief vir my soos ek is.  As ek my trou foto vergelyk met my nou is ek letterlik dubbel die mens wat ek was die dag toe ek ewig trou gesweer het.  Ek kan my sterre dank dat ons liefde dieper is as die oppervlak.  Ek weet dit is beslis ook dubbel die lekker!

Ek hoor myself sê: ‘n Van Niekerk tree nie so op nie.  Ek giggel oor hoe ek mense met dieselfde van dieselfde wil maak.   Ek koppel karaktereinskappe aan ‘n van. 

Wat dink jy? Pas jou van aan by jou karakter of pas jy aan by jou van se karakter?  Ek is verkeerd. ‘n Van het nie karakter nie.  Dit is net die mens.. maak nie saak wat sy naam of van is nie. Sommige goed is ingebore, diep gewortel.  Ander leer jy aan soos die lewe jou maal en snoei.   

Dit is nou weer tyd om na my eie eienskappe te kyk, waar kan ek  selfverbeteringe aanwend .  Dit is tyd vir skoonmaak.  Kop, liggaam en siel.  Sal met die siel begin want dit is die maklikste en bring vrede binne mens dat mens energie het vir die kop en liggaam.


Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog