Roetine ruk ons huis tot realiteit. Twintig oor sewe stoot my kar se neus deur die sekuriteitshek by die werk. Onmiddelike frons verskyn op gemartelde voorkop. Dit is soos my uniform deesdae. My naam word gebruik om programmeerders bang te maak, soos wat ek, as ma, die bergie man gebruik om my kinders die skrik op die lyf te jaag. Ek was eens op die tyd die jongste op die vloer, en ja.. die pop.. nou is ek die dik bedonderde vrou in die hoek op die 2de vloer… dit is ‘n ander storie vir ‘n ander dag.
Vandag wonder ek oor MAG. Ons almal smag na mag. Nou is my kop vol wensdenkery.. as ek maar net genoeg geld gehad het.. dan sou ek darem nou die waarheid vir my baas vertel het. My ouma was reg.. AS is verbrande hout. Wag dat ek vertel wat in my kop rondtol. My seun, my sportkind, neem aan alles deel so ook skool-krieket. Het jy ook al gewonder hoe word spanne gekies? So besluit ek in my wysheid om die skool te kontak sodat ‘n deskundige my kan vertel hoe werk dit. So saam met die groot wysheid wat in my brand besluit ek dat ek ‘n gat soos Kimberley se gat in hulle verduideliking sien en ek vat toe tyd om die termyn se wedstryd briewe te analiseer. Dis mos my vaardigheid by die werk – ek sien probleem, ek bewys probleem en dan probeer ek probleem oplos. Nog ‘n geskrewe kommunikasie gaan skooltoe om die betrokke gat aan hulle te verduidelik. Nou is ons in die vierde kwartaal, my kind het nooit weer span gekry nie.. want die MAG sit nie by my nie, dit sit by die juffrou wat die wedstryd briewe tik wat nie my analise van haar administrasie waardeer het nie. …… die kern van die storie: Moenie jou hand verspeel as jy geen MAG het om die situasie te verbeter nie.. dit kan dit dalk net slegter maak. Comments are closed.
|
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |