Ons is weer in die middel van ‘n herstrukturering. “Lift and Shift’ word dit genoem… om verby die HR proses te kom… maar dit is nie regtig net ‘n ‘lift and shift’ nie.. Ons word aangespoor om insette te gee.. maar die inligting is min. Voel soos ‘n ‘sitting duck’ soos die engelsman sou see .. geduld min.. gesprekke kortaf en gerugte hardloop bloots die gange af. Hoe swaai ek nou my kop om positief te dink.. ek is nog nie naby aftrede nie.. as jy 12 jaar nie naby noem nie..
My liewe nuwe bruin labbie het my leer bank opgevreet, my 2 “wingback’ stoele se armleunings vol gate gebyt en dan is die hoek van my ottoman ook weg. Ek het amper my arm verstuit soos wat ek haar gewetter het.. maar gaan sy dit weer doen.. beslis.. moet ek my meubels regmaak.. dalk raak ek gewoond aan die ‘verflentterde look’ Twee seuns op speelgrond hardloop inmekaar – een se kop bloei, een se mond bloei want tand is uit en groot knop op kop, hy voel naar en duiselig.. juffrou aan diens sien net bloed op die een met kopsny en hardloop met die een kind noodhulp toe… vergeet die ander een. Hy stap maar toe badkamer toe, gelukkig is sy vriend daar en help hom om bloed af te was.. Positief uit dit.. dankbaar vir goeie vriende.. humeurig oor die nalatigheid. Terugvoer, kinders moet besering self aanmeld… .. en toe was dit eers woensdag… vandag is dit vrydag … dankbaar vir vrydag… Comments are closed.
|
AuthorHannelie van Niekerk Archives
December 2022
Categories |