Malkoppie Terapie
  • Blog

Hannelie van Niekerk

RSS Feed

Klets by die haarkapper

11/7/2016

 
Picture
Opgewonde merk ek my haarkapper tyd uit in my dagboek.  Ek boek sommer vroeg Desember my afsprake vir ‘n jaar vooruit.  Hang af van my gemoed en haastigheid maar dit kan my 2 tot 3 ure besig hou.  Selfsugtige tyd… soms ek en ‘n boek, of soms klets met almal om my.  Die stories wat ons vertel in die vertoulike omgewing van ‘n haarkapper laat my elke keer glimlag.  Ek rek partykeer my nek om die gesig te plaas by die storie wat ek hoor.

Nou vrydag is dit weer tyd vir ontspan.  Die vorige aand was eenwoord ROF, nee die daai sort rof nie, werksrof  met ‘n ‘release’, (die vertaling sê vrylating.. maar ons laat darem nog nie kode vry nie- dit word nog mooi op hok gehou.. skuif dit net na produksie toe.)  wat gesukkel het, ek kon eers 1 uur die oggend afteken.  My medewerkers ken my ook.. hulle noem my die ‘ouma-interface’ na 10 in die aand.  Dan wil ek net feite hoor en geen verskonings… oumens moeilik!  Sal as ek meer moed het eendag werkstories vertel.

Ek sit en Ansie vra soos gewoonlik: ‘Wat doen ons vanmiddag?” Sommer als, ek verander my strepe se kleur, my basis kleur en dit is tyd om te sny.. lekker kort... hare kan mos weer groei.   
 
Sy vertel my dat daar net voor my ‘n vrou was wat ook sê sy wil heeltemal anders lyk .. maar sy mag nie te veel afsny nie, nee haar kleur is nog reg.  Nou hoe lyk mens anders as mens nie wil verander nie?  Wat hou ons terug?  Is ek en jy bang vir verandering?

Mis ons nie soms goeie goed omdat ons te bang was om die besluit te neem nie.  Wat van? Sê nou net.. is denke wat ons net terughou!  Risiko.. wat kan mens verloor… Verander jou denke!  Dink wat kan jy wen?  Dalk is dit nou die tyd om ons vrese vrytelaat en te waag.  Verander jou denke oor verandering.




Comments are closed.

    Author

    Hannelie van Niekerk
    'n Ma van 2, 'n vrou vir een, 'n mens met 'n ongeslypte lus om te skryf.

    ​Onthou om jou drome jou eie realiteit te maak

    Archives

    December 2022
    October 2022
    June 2022
    January 2022
    November 2021
    September 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    March 2021
    December 2020
    November 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Blog